Kerkkantoor: 015 291 2814    

Welkom by Agapé

Dankie dat u Agapé vandag kom besoek het. Ons is normale mense wat een gemeenskaplike belang het - ons het Jesus Christus as Heer ontvang en is besig om te leer om ‘n nuwe lewe op ’n nuwe wyse uit te leef.

By Agapé sal jy:

  • Die teenwoordigheid van God ervaar 
  • Nuwe vriende ontmoet
  • Pragtige Christen musiek geniet
  • Praktiese boodskappe hoor om jou te bemoedig
  • Ontdek dat jou kinders ook belangrik is

Die doel van die gemeente is eenvoudig tóg dinamies:

  • Om saam die Koningskap van Christus te beleef...
  • Om God se liefde aan ons wêreld bekend te maak...
  • Om 'n klimaat te skep waarbinne jy jou gawes en bediening kan ontdek en ontgin...
  • Om profeties leierskap vir elke fasset van die samelewing te ontwikkel...

Ons glo dat jou besoek aan Agapé, 'n noemenswaardige belewenis sal wees.

Hand aan hand met God en U,
Corné van Niekerk (Visiedraer)