Kerkkantoor: 015 291 2814    

Engelse Gemeente

Engelse Gemeente

Agapé Bedieninge is gestig in 1987 deur Corné en Pat van Niekerk.  Henri en Pearl Grové arriveer met hul drie dogters – Leani, Danelle en Reneé gedurende Desember 1990.  Inisieël was die trek om ‘n besigheid te begin wat floreer het, maar God het groter en beter planne vir hulle gehad!  Henri en Pearl het by die bedieningspan van Agapé ingesluit in Julie 1994. Die leierskap van die gemeente het in gehoorsaamheid aan God se stem opgetree, en die Engelse Gemeente is gestig in Oktober 2003.  Henri en Pearl het dié dienste gelei tot April 2010.

Pieter en Lianza Pretorius is tans pastore van die Engelse Gemeente.  Hulle het hul studies by die Volle Evangelie Kerk van God in 1998 voltooi, en was aktief betrokke by die “Revival Christian Centre” in Alberton Noord vir ‘n paar jaar voordat julle na die bediening in Polokwane geroep is in 2006.  Hulle arriveer met hulle drie kinders – Monique, Inez en Rueben.

Kort termein visie…

Ons visie is om die wêreld vir Christus te bereid deur liefde en dissipelskap en om progressief te groei in geloof, liefde en eenheid.

BY AGAPé SAL JY:

  • ‘n Plek vind waar jy kan funksioneer in die gawe wat God in jou belê het,
  • Stap in verhouding en dissipelskap,
  • Die liefde van ‘n Christen familie ervaar,
  • Bemagtig word deur Woord gebasseerde lering, en om
  • Deel te neem in gemeenskaps- en –uitreik projekte.

DIE DOELWITTE EN DOELSTELLINGS AN ONS GEMEENTE IS SIMPLISTIES MAAR TOG DINAMIES:

  • Om die heerskappy van Christus te ervaar,
  • Om die wêreld bewus te maak van God se geweldige liefde,
  • Om ‘n klimaate te bewerk waarin ‘n individu sy/haar talente kan ontdek en leer hoe om hulle vir Sy diens te gebruik,
  • Om profetiese leierskap te ontwikkel in elke faset van ons gemeenskap

Ons Visie:  BEREIK DIE WÊRELD VIR CHRISTUS DEUR LIEFDE EN DISSIPELSKAP.

“Ons is passievol daaroor om die verlore te bereik en om vreemdelinge te betrek, asook almal wat soekend is na ‘n plek om te behoort.  Agapé is ‘n familie-toerusstende gemeente wat daarin glo dat dissipelskap by die huis begin en dat ‘n gesonde familie uiteindelik sal lei na ‘n gesonde gemeenskap.  Dit is ons begeerte om te sien dat elke individueel in die genade van God groei, en dat hulle doelgerig kan funksioneer in hulle families soos wat God dit van die begin af bedoel het, en om hulle rol in die liggaam van Christus te vervul.  Verder poog ons om ‘n gemeenskap van gelowiges te vestig wat heelhartig God navolg, en wie Hom erken as hulle enigste ware Bron.”