Kerkkantoor: 015 291 2814    

Agapé Kinderbediening

Agapé Kinderbediening

Agapé Kinders is toegewyd om kinders tussen die ouderdom van drie en twaalf te bereik met die Goeie Nuus van Koning Jesus. Ons volg ‘n geintegreerde program wat visuele, auditiewe sowel as kinetiese leerders akkommodeer.  Weeklikse aanbiedinge sluit onder andere die volgende in wat op ‘n rotasie basis geïmplimenteer word:

  • Groot-groep aanbiedinge waar daar gelet word op die memorisering van die Woord en gepasste teksste, lofprysing en aanbidding sessies sowel as die bediening van die kinders se unieke behoeftes.
  • Kreatiewe aanbiedinge in die vorm van dramas, poppespelle, visuële uitbeeldings en multi-media aanbiedings
  • Klein-groepie besprekings waarin daar hoofsaaklik gekyk word na hersiening, assosiërende aktiwiteite, speletjies en lewens-applikasies
  • Tuis aktiwiteite word ook aan kinders gegee om hul deur die verloop van die week te herinner aan die verskeie grondslae wat gelê is.

Lesse sentreer op die verskeie Bybelse Karakters en hul unieke lewenswandels met God. Lesmateriaal fokus nie net op spesifieke storielyne en memorisering van inhoud nie maar beklemtoon onder meer  kern beginsels en die persoonlike toepassing van elke beginsel. Die kurrikulum word kwartaalliks geskryf en dit wat in dienste behandel word, word geinkorporeer by die materiaal. Dit verseker ten alle tye dat die kinders geintegreer is by die betrokke visie van die gemeente.

Al die vrywilligers is bewus van hoe spesiaal kinders in die oë van God is en dat hul waarlik ‘n gawe uit Sy hand is. Dit is om hierdie rede dat ons as ‘n span gedetermineerd en passievol is om die volgende aspekte te bevorder:

  • Geestelike ontwikkeling van elke individu
  • Neerlêgging van standvastige Bybelse fondasies
  • Vorming van christelike karaktereienskappe
  • Inskerping van die belangrikheid van ‘n persoonlike verhouding met Jesus
  • Aktivering van individuele passie en diensbaarheid
  • Ontdekking van identiteit en waarde in Jesus
  • Motivering van kinders om hul eie gawes en talente te ontdek en die nodige geleenthede daar te stel vir hul om dit aan te wend vir die Koningkryk.
  • Daarstelling van jong mense wat gegrond en gewortel is in God se plan vir hul lewens.