Kerkkantoor: 015 291 2814    

Waar kan ek hulp kry?

Waar kan ek hulp kry?

Huweliksverrykings seminare

Hierdie lewensveranderende seminare word al vir die afgelope 16 jaar aangebied.
Die gesin is die hoeksteen van die gemeenskap., Om in ‘n huwelik te belê, is ‘n belegging in die volgende generasies.

Hierdie seminare word vier maal per jaar aangebied deur dieselfde span aanbieders wat al vir 16 jaar die seminare saam aanbied.

Daar word ook twee voorhuweliks seminare aangebied, vir paartjies wat gaan trou. Hierdeur word hulle voorberei vir die huwelik wat voorlê.

Pleegsorg ondersteuningsgroepe

Substituut sorg is deel van die gebroke wêreld waarin ons woon. Baie gesinne is bereid om kinders in te neem vir pleegsorg, maar die langtermyn verantwoordelikheid raak somtyds te veel. 
Met hierdie groepe word gepoog om die gesinne opleiding en emosionele ondersteuning te gee om hierdie kinders hoop vir die toekoms te gee.

Rou begeleiding

Hoe hanteer en verwerk ’n mens die dood van ’n geliefde?
Daar is sekere onderwerpe wat enige mens eerder wil vermy. Die 'Dood' is een van daardie onderwerpe. Almal hoop dat die ongenooide gas tog nooit intrek in hulle huis sal neem nie. As die Dood dus wel die dag toeslaan, is dit vir elkeen wat `n geliefde verloor verpletterend....dit breek `n mens se hart en jou hele lewe in klein flenter stukkies. Jy word in die 'diepkant' ingegooi, want natuurlik is jy nie voorbereid daarvoor nie. Selfs al is jy voorbereid, bly dit nogtans moeilik om te verwerk. Lees Verder...

Hoop na Egskeiding

Die individu wat deur egskeiding gaan voel verwerp, verward en soms sosiaal wanaangepas. Hierdie kursus is ‘n 8 weke kursus wat die individu help om deur die pyn en verwerping van egskeiding te werk na ‘n plek van hoop en genesing. 
Hierdie kursus word een maal per jaar aangebied na die Julie vakansie.

Agapé Berading & Trauma sentrum

Agapé beskik oor ‘n groep kundige beraders wat die gemeenskap dien. Gereelde opleiding en supervisie dra by tot kundigheid in verskillende gebiede. So word daar gefokus op huweliksberading, trauma-ontlonting, persoonlike berading, theophostic berading en spelterapie vir kinders.

Kinder Assesering
Beroeps voorligting
Quenessa Kruger - 0152957934